Om die mooi op straat the vind, Marguerite van Wyk | Sarie, Julie 2012

Hy het sy asem weggeskrik toe hy al die blou polisieligte om hom sien ... "Ek het dadelik geweet die oortreding gaan 'n groot invloed op my lewe he, maar ek het nie besef hoe positief nie!"

Kort daarna (onder meer na 'n nag in die Claremont-polisieselle) is Bernard Viljoen tot drie maande gemeenskapsdiens gevonnis - omdat hy daardie November-aand in 2008 onder die invloed van drank bestuur het. Maar Bernard, 'n fotograaf van Johannesburg, kon nie die nut insien om Kaap toe te vlieg om busse te was en openbare toilette skoon te maak nie. Hy wou 'n verskil maak in die lewe van kinders deur sy kreatiewe talente in te span.

Sy besluit sou uiteindlik lei totdie Bernard Viljoen Stigting en sy onderneming iwasshotinjoburg. Hy leer straatkinders foto's neem en hall dan uitstallings. Twee is al in Johannesburg en een in Kaapstad gehou. 'n Deel van die opbrengs uit sy onderneming, wat artikels verkoop waarop van hul foto's uitgebeeld word, ploeg hy terug in die stigting.

Middel Junie gaan agt van die kinders danksy borgskappe na die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap vir 'n Red die Renoster-veldtog. Sowat 40 van die foto's wat hulle daar neem, sal gekies word vir 'n iwasshotinAfrica-uitstalling.

Maar voor dit alles kon gebeur,moes hy met die staatsaanklaer onderhandel oor sy vonnis. Soos hy vroeg in 2009 vir die aanklaer geskryf het: "Ek sal eerder my talente en my tyd as fotograaf gebruik om die lewe van kinders te verryk wat andersins nie die blootstelling of kanse gegun is om hul vaardighede te ontwikkel nie. Ek wil hulle leer om die 'mooi' te vind waar hul1e gedink het dit bestaan nie meer nie. Ek wil hulle hoop, 'n stem en die vaardighede gee om hul eie werklikheid te skep." Hy het Twilight Children,'n hawe in Hillbrow vir kinders wat eens op straat gewoon het, letterlik raak gegoogle. "Ek wou eintlik nog altyd so 'n projek aanpak met mense wat op die rand van die samelewing beweeg. Die wat so baie ervaar, maar nooit die kans kry om hul stories te vertel nie.

Miskien was dit net die motivering wat ek gekort het," skerts hy. Aanvanklik het 15 kinders hul nuwe mentor uitgetoets. "Hulle was maar skepties. Ek moes hul vertroue wen. Dis kinders wat eintlik net verwerping ken. Elke Maandagmiddag vanaf Junie 2009 het ek sowat drie uur lank saam met hulle Hillbrow se strate ingevaar en hulle geleer hoe om anders na die wereld te kyk. Ons het geborgde weggooibare kameras gekry; baie van die kinders het nog nooit 'n kamera vasgehou nie. Dit het my 'n kick gegee dat van hulle duisende kere deur dieselfde straat geloop het en dan iets nuuts raakgesien het. "Hy wou hulle leer foto's is soos die lewe: "Wat jy sien, hang af van hoe jy jou kop draai!

"Later het hulle my selfs vertel van hull liefdesprobleme, of dat hulle die eerste keer in ses jaar weer gaan probeer om hul ouers op te spoor. Ek het hulle nooit jammer gekry nie, maar altyd gerespekteer. Hierdie is nie ' n freebie projek nie, die kinders moes weekliks opdaag en bereid wees om te leer." Na sy drie maande gemeenskapsdiens kon Bernard eintlik ophou met sy "lesse". "Maar ek en die kinders het dit geniet en wou aangaan. Ons moes net uitwerk hoe. Ek het digitale kameras geleen en my eie gebruik om hulle verder te leer." In Januarie 2010 het hy sy stigting op die been gebring. Hy leer steeds straatkinders by die Twilight Centre die basiese beginsels van fotografie. Die eindresultaat was twee uitstallings in die Arts on Main-uitstalruimte in Johannesburg, met die terna "Vind skoonheid waar jy nie gedink het dlaar was enige nie".

Die tema van die foto-uitstalling wat verlede jaar by die Grand Cafe & Beach in Kampsbaai, Kaapstad, gehou is, was "Herskryf die toekoms". Die afgelope drie jaar is 45 kinders al met die lens bemagtig. Deur iwasshotinjoburg word artikcls SODS geblokte foto's, notaboeke, yskasmagnete, kussings, bekers, sleutelhouers en fotorame verkoop. "Dit gee die kinders 'n gevoel van eienaarskap en trots. Die studente verdien oak 'n inkomste vir die maak en verkoop van die produkte op byvoorbee1d die mark Market on Main in Johannesburg. "Ons wil iwasshot teen 2013 'n internasionale handelsmerk maak. Ons beplan iwasshot-projekte in onder meer Durban, Bloemfontein en Harare. Hopelik besoek ons eendag New York, Londen, Parys. Dit sal interessant wees om 'n foto-uitstalling van al die stede te hou en dit dan in boekvorm uit te gee ... "

Bernard, wat in 2001 die top student in argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat was, het die dissiplinetydelik gegroet. "Ek is mal daaroor om met die kinders te werk. daar gebeur soms dinge in die lewe, soos die padversperring, maar ek leer my studente dis hoe jy dinge hanteer wat in die tel. Om in Hillbrow te werk laat my deel voel van Suid-Afrika se uitdagings. Die kinders het beslis 'n groter impak op my as ek op hulle. My werk met hulle het veroorsaak dat ek 'n beter mens wil wees." Hoewel die strate vol swaarkry is en Bernard van moeilike tye vertel, sien jy ook movie moments voor jou oe afspeel as hy oor die projek praat. "Toe die eerste groep by die Johannesburgse foto-uitstallings opgedaag het in hul swart kralestrikdasse, geborgde Superga-tekkies en jeans, het elkeen soos 'n rock-ster gevoel. Dit was ongelooflik om hul gesigte te sien. Ek wou huUe 'n aand gee wat hulle nooit sou vergeet nie. Hulle het met die gaste oor hul foto's gesels asof dit is wat hulle hull lewe lank al doen." En dis vir seker wat Bernard vir die res van sy lewe wi! doen! ...

Klik by www.iwasshotinjoburg.co.za